Quantcast
Channel: Die GROOT Ontbyt – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Resep: Vleispasteie

$
0
0

Sjef Dino het gedurende die uitsending van Die GROOT Ontbyt smullekker vleispasteie voorberei. Dié pasteie is maklik om voor te berei. Sjef Dino het sy resep met ons gedeel.

Bestandele:
200 g maalvleis
½ t borrie
½ t gemaalde komyn
½ e paprika
¼ e gemaande kaneel
knippie neutmuskaat
sout en swartpeper
½ rooi ui, fyn gekap
bossie platblaar pietersielie, fyngekap
100 g gedroogte appelkose, gekap
50 g geroosterde ammandels, gekraak
1-2 rolle skilferkors
80 g botter, gesmelt
meel vir garnering

Metode:
• Voorverhit die oond teen 220 °C.
• Verwyder die skilferkors vanuit die yskas en laat dit staan teen kamertemperatuur terwyl jy die res van die bestandele voorberei.
• Bedrup ’n pan met olyfolie oor medium/hoë hitte.
• Voeg die maalvleis by en braai. Roer gedurig.
• Sodra die maalvleis van kleur verander, voeg borrie, paprika, kaneel en neutmuskaat by en meng goed deur.
• Geur met sout en peper en braai totdat alle vloeistof absorbeer.
• Bedek die braaipan met bakpapier en plaas eenkant.
• Sodra die maalvleis afgekoel het, voeg die rooi uie, pietersielie, en neuter by en meng goed saam.
• Roll die deeg egalig uit met die plastiek aan die onderkant en bestrooi met ’n bietjie meel.
• Draai die deeg om en verwyder plastiek. Bestrooi met meel.
• Rol die deeg uit totdat dit ongeveer 3 mm dik is.
• Sny in vierkante, driehoeke of halfmaan vorms.
• Gebruik ’n lepel om die vulsel op die deeg te skep.
• Besmeer die rante van die deeg met water en vou om. Druk die rante netjies toe om te verseker dat die vulsel nie uitval nie.
• Gebruik ’n mes en druk op die rante om behoorlik te seel.
• Plaas op bakpan, borsel met gesmelte botter en bak in die oond vir ongeveer 15 na 20 minute tot goudbruin.

The post Resep: Vleispasteie appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!