Quantcast
Channel: Die GROOT Ontbyt – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Resep: Geroosterde hoender

$
0
0

In ’n episode van Die GROOT Ontbyt het sjef Dino ’n geroosterde hoender voorberei. Hy het sy resep met ons gedeel.

Bestandele

Marinade:
70 g sout
4 e suiker
2 l  water
12 tiemietakkies

Hoender:
1 hoender
150 g sagte botter
2 e tiemieblare
12 tiemietakkies
olyfolie
2 e sout
varsgemaalde swartpeper
2 suurlemoene
5 aartappels, geskil en in kwarte gesny
250 ml droë witwyn

Metode:

Marinade:
• Voeg die sout, suiker en tiemietakkies sowel as 500 ml water saam in ’n medium souspan en verhit totdat die sout en suiker oplos.
• Verwyder vanaf hitte, plaas vloeistof in ’n groot bak en voeg die oorblywende water by.
• Plaas in yskas om af te koel.
• Was die hoender en plaas in marinade. Laat dit staan in die yskas vir sowat agt ure staan.

Hoender:
• Voorverhit die oond teen 200 °C.
• Verwyder die hoender van die marinade en was dit ordentlik met koue water.
• In ’n klein mengbak voeg die botter, sout en tiemieblare by en meng goed saam.
• Met jou vingers, trek die hoendervelletjies weg van die vlees totdat jy by die boudjies kom. Vryf die tiemie-en-bottermengsel egalig oor die hoender.
• Bedrup die byde kante van die hoender olyfolie en geur met sout en peper.
• Sny een suurlemoen in die helfde en plaas beide helftes sowel as die agt tiemietakkies in die skeure tussen die vel en vlees.
• Voeg die aartappels in die braaipan en bedrup met olyfolie. Geur met sout, peper en ’n paar tiemietakkies.
• Plaas die hoender bo-op die aartappels met die hoenderborsies na bo, en giet die wyn bo-oor die aartappels en hoender.
• Sny die ander suurlemoen in die helfde en druk die sap oor die aartappels en hoender.
• Bedek die gereg en plaas in die oond om vir 2½ ure te bak. Draai die hoender om na een uur.
• Verwyder en laat afkoel.
• Sny dan die hoender en bedien met aartappels en ’n vars slaai.

The post Resep: Geroosterde hoender appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!