Quantcast
Channel: Die GROOT Ontbyt – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Resep: Churros met Sjokoladesous

$
0
0

Sjef Dino het heerlike churros met sjokoladesous in ’n episode van Die GROOT Ontbyt voorberei. Churros is ’n Spaanse versnapering wat bestaan uit gebraaide deeg bestrooi met suiker en kaneel.

Bestanddele:
400 ml water
400 g witbroodmeel
’n knippie sout
1 e olyfolie
1 e vanielje-ekstrak
750 ml sonneblomolie

Sjokoladesous:
200 g melksjokolade
100 ml room

Metode:
· Plaas die water in ’n kastrol en bring tot kookpunt.
· Plaas die meel en sout in ’n groot mengbak.
· Sodra die water kook, gooi dit oor die meel en meng met ’n houtlepel totdat ’n deeg vorm.
· Verhoed om dit te veel te meng. Moenie bekommerd raak as daar knoppe in die deeg is nie.
· Halfpad deur die mengproses, voeg die olyfolie en vanielje-ekstrak by.
· Terwyl die deeg nog warm is, knie dit vir sowat 1-2 minute totdat dit glad is.
· Plaas dit in ’n spuitsak (moenie plastieksakke gebruik nie) met ’n 8-punt spuitpunt en ’n sterretjie-mondstuk.
· Maak seker dat die mondstuk wyd genoeg is, anders gaan jy sukkel om die deeg deur te voer.
· Plaas bakpapier op ’n skoon werksoppervlak.
· Druk die beslag op die bakpapier uit om die churros te vorm.
· Dit mag moelik raak op te spuit. Berei jouself dus voor vir ’n goeie oefensessie.
· Op hierdie stadium kan jy die churros vries vir later gebruik.
· Voeg die olie in ’n pot en verhit teen 180 °C.
· Wanneer die olie warm genoeg is, voeg die churros ’n paar op ’n slag versigtig by die warm olie en braai vir ongeveer een minuut. Draai die churros om na 30 sekondes om te verseker dat dit goudbruin braai aan beide kante.
· Gebruik ’n gleuflepel en verwyder die churros vanuit die olie. Plaas dit op kombuispapier sodat die oormatige olie kan absorbeer.
· Herhaal die proses totdat al die churros gaar is .
· Plaas suiker en kaneel saam in ’n groot mengbak en rol die churros daarin om te verseker dat dit ten volle bedek word met die kaneelsuiker.
· Vir die sjokoladesous, plaas die gekapte sjokolade in ’n mediumgrootte-mengbak. Verhit die room in ’n kastrol.
· Sodra die room begin kook, giet dit bo-oor die sjokolade en gebruik ’n houtlepel om dit te roer totdat ’n dik sjokoladesous vorm.
· Bedien die sjokolade in ’n koppie of ’n glas en dompel die churros daarin.

The post Resep: Churros met Sjokoladesous appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!