Dié eiergereg is tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt voorberei. “Huevos estrellados” is die Spaanse naam.
Bestanddele
100 ml olyfolie
½ ui
2 aartappels (mediumgrootte, in klein blokkies gesny)
2 knoffelhuisies, fyngekap
1 brandrissie (Serenade)
80 g Serrano-ham of prosciutto
babaspinasie (handvol)
Handful Baby Spinach
1 klein rooi soetrissie, fyngekerf
1 klein geel soetrissie, fyngekerf
4 eiers
sout en peper
Metode
• Verhit die olie in ’n braaipan oor medium/hoë hitte en voeg die uie en aartappels by.
• Voeg sout en peper by na smaak.
• Braai vir sowat 10 minute, tot goudbruin, verwyder van hitte, dreineer die aartappels en uie en hou eenkant.
• Voeg van die olie by die pan en braai die res van die bestanddele.
• Voeg die ham of prosciutto by en braai vir ’n verdere twee minute.
• Breek die eiers, een vir een, in die pan.
• Kook vir sowat ’n minuut, terwyl dit aanhoudend geroer word (die eiers moet loperig wees).
• Gebruik ’n houtlepel om die eiers te meng (wees versigtig – dit moenie soos roereiers lyk nie).
• Voeg weer sout en peper by na smaak en bedien.
The post Resep: Huevos estrellados appeared first on Kyknet.