Quantcast
Channel: Die GROOT Ontbyt – Kyknet
Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Resep: Lamnek

$
0
0

Dié lamnek-resep is tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt voorberei.

Bestanddele:

1,5 kg lamnek
50 g koekmeel
olyfolie
2 uie, fyngekap
6 knoffelhuisies, fyngekap
3 lourierblare
seesout en swartpeper
3 e gedroogde oregano (Grieks, indien moontlik)
2 e wonderpeper (allspice), fyngemaak
30 g bruinsuiker
1 e tamatiepasta
500 ml droë witwyn
1 l hoenderaftreksel
200 ml passata (tamatiepuree)
4 aartappels, in kwarte gesny

Metode:

• Voorverhit die oond teen 100 °C.
• Bedek die lamnek met meel en skud enige oortollige meel af.
• Voeg olyfolie by ’n groot kastrol oor medium of hoë hitte.
• Geur die lamnek met sout en peper en plaas in die kastrol om bruin te word aan alle kante (sowat 5 minute).
• Verwyder van hitte en hou eenkant.
• Voeg nog ’n bietjie olyfolie by en verminder die hitte na medium.
• Voeg die uie, knoffel en lourierblare by en soteer, terwyl daar aanhoudend geroer word (sowat 10-15 minute). Jy kan 2 t sout by die uie voeg.
• Sodra dit gekarameliseer het , voeg dit by die lamnek.
• Voeg die tamatiepasta, bruinsuiker, wonderpeper en oregano by en maak seker die lam word behoorlik bedek.
• Voeg die wyn by en vermeerder die hitte.
• Laat dit kook vir ’n paar minute voordat die tamatiepuree en aftreksel bygevoeg word.
• Verminder die hitte en voeg die aartappels by.
• Kook vir 3 ure. Haal dan die kastrol se deksel af en vermeerder die hitte tot by 160 °C. Kook vir sowat 45 minute of ’n uur om seker te maak die sous verminder.
• Sit voor saam met slaai of groente.

Wenk: As jy nie die lam stadig wil kook nie, voorverhit die oond teen 160 °C en kook die lam vir sowat 2½ ure. Haal die deksel af en kook vir ’n verdere 30 minute.

The post Resep: Lamnek appeared first on Kyknet.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 84

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!