Resep: Salm met groen salsa
Dié heerlike salm steak met groen salsa is deur sjef Maritha Steyn tydens ’n uitsending van Die GROOT Ontbyt voorberei. Kry haar resep hier:
Servings |
4porsies |
|
|
Ingredients
- 60 ml vars platblaar pietersielie
- 8groot basilieblare
- 2takkies vars oregano(of 2.5 ml gedroog)
- 3 - 4 ansjovisin olie, gedreineer en gekap
- 10ml kappertjiesaadgepekel en gedreineer
- 1 uigekap
- 1groot knoffelhuisie
- 10 - 15ml olyfolie
Instructions
- Vir die groen salsa, plaas die pietersielie, basilie, oregano, ansjovis, kappertjiesaad, ui, knoffel en lemoensap in ’n voedselverwerker. Terwyl dit aangeskakel is, voeg die olie geleidelik by. Geur na smaak, giet in ’n bakkie, bedek met kleefplastiek en laat staan in die yskas vir later gebruik.
- Borsel die salm-filet aan beide kante met olyfolie en geur met sout en peper.
- Verhit ’n pan op baie hoë hitte.
- Voeg die salm-filet by en braai vir twee tot drie minute totdat die weefsel maklik krummel.
- Bedien warm met ’n bietjie salsa bo-oor salm.
The post Resep: Salm met groen salsa appeared first on Kyknet.