Koskonsultant Annelien Pienaar het tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt ’n sjokoladebruintjie- en stroop-koek voorberei. Kry haar resep hier.
Hierdie koek neem 25 min om te maak en te bak, nog 20 min vir afkoel en daarna kan jy versier na hartelus. Onthou, met silikoon-panne kan jy die koek in die pan vrieskas toe neem as dit afgekoel het. Laat rus vir ’n uur voordat jy dit ontvorm.
Silikoon-panne bak langer as metaal-panne wat goeie geleiding het. Dus moet die baktyd vir silikoon-panne in die oond met 15 minute verleng word en die bak temperatuur met 5 ℃.
Voorverhit oond teen 180 ℃ en smeer ’n 23 tot 25 cm ringkoekpan.
Sjokoladebruintjie- en stroop-koek
Ingredients
Klits saam vir 5 minute:
- 300g witsuiker
- 6jumbo eiers
- 190ml sonneblom- of canola-olie
- 190ml water
- 15ml vanieljegeursel
Stroop:
- 100ml witsuiker
- 100ml kakao
- 100ml water
- 100ml botter
- 100ml gouestroop of kondensmelk
- 100ml mielieblom
- 100ml room(voeg eers by wanneer jy die mengsel vanaf die stoof verwyder)
Instructions
Koek:
- Voeg die twee droë mengsels saam en meng goed deur. Giet in voorbereide vorm.
- Vir silikoon-vorm: Plaas versigtig op bakplaat en bak vir 70 minute tot gaar.
- Vir metaal-pan: Bak 60 minute by 180 ℃.
- Vir bak in mikrogolf met silikoon-vorm: 16 minute by vol krag vir 650 - 950 watt oonde.
- Laat koek in vorm afkoel. Plaas vir ‘n uur in die vrieskas om ferm te word. Berei solank die sous voor.
Sous:
- Plaas witsuiker, kakao, water, botter, gouestroop in kastrol en verhit.
- Kook vir 5 minute saam tot verdik, verwyder vanaf hitte en roer room by. Laat afkoel teen kamertemperatuur.
- Sodra koek gereed is, ontvorm en giet die sous oor. Die sous sal dadelik stol op die koue koek.
- Koek kan natuurlik oornag gelos word voordat die sous oorgaan. Dit hang af van hoe haastig jy is.
- Lekker eet en spog met jou koek op Facebook op die Boerekos met ’n Twist-groep.
The post Sjokoladebruintjie- en stroop-koek appeared first on Kyknet.