Tydens ’n episode van Die GROOT Ontbyt het koskonsultant Heleen Meyer rysroerbraai met eier en groente voorberei. Dié gereg is ideaal vir die kosblik. Kry haar resepte hier.
Eenpan-rysroerbraai met eier en groente
Servings4 - 6 porsies
Ingredients
Roerbraai
- 1 uifyngekap
- 1huisie knoffelfyngedruk
- 4groot Nulaid eiersgeklits
- 250ml bevrore ertjiesin kookwater afgespoel
- 250ml geblikte heelpitmieliesgedreineer
- handvol baba-spinasie
- 30ml vars pietersieliegekap
- knippie gerookte paprika
- sout
- pepervarsgemaal
- 45ml avokado- of olyfolie
Suurlemoen-bruinrys (Resep uit Cooking from the heart 3)
- 1k rou bruinrysof bruin basmati-rys
- 1 suurlemoen
- 1/2t sout
Instructions
- Rys: Sny 4 repies suurlemoenskil met ’n skerp groenteskiller. Maak seker dat daar nie van die witgedeeltes van die skil saam te sny nie.
- Druk die suurlemoensap uit en plaas saam met die skil, rys en sout in ‘n kastrol met ongeveer 2½ k (625 ml) water.
- Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut met die deksel vir 20 tot 25 minute. Dreineer goed.
- Roerbraai: Verhit 15 ml van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan en soteer die ui en knoffel tot sag. Voeg nog 15 ml van die olie saam met die gedreineerde rys by en roer liggies deur.
- Skuif rys na die een kant van die pan en voeg die orige olie by. Skink die eiers in die pan en roer liggies om roereier te vorm.
- Voeg ertjies, mielies en spinasie by en roer met die rys en roereier liggies deur tot dit warm is. Geur met pietersielie, paprika, sout en peper. Moenie die rys te veel roer nie en sit dadelik as maaltyd voor.
- Berei net die rys op dieselfde manier met die suurlemoen en gebruik as bygereg. Die roerbraai kan ook met oorskiet suurlemoen-rys gemaak word.
- Roer repies gaar hoender of selfs rooi nierboontjies saam met die groente by die rys vir ’n vullender maaltyd.
Recipe Notes
Dié resep word met trots aangebied deur Pharma Dynamics Cooking from the heart en Nulaid.
The post Eenpan-rysroerbraai met eier en groente appeared first on Kyknet.